Deelstaat New Hampshire | |||||
| |||||
Bynaam(e): The Granite State | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Gesproke taal(e) | Engels, Frans (3,41%) en Spaans (1,6%) | ||||
Hoofstad | Concord | ||||
Grootste stad | Manchester | ||||
Area | 46ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 24 217 km2 | ||||
- Wydte | 110 km | ||||
- Lengte | 305 km | ||||
- Water | 989 km2 | ||||
- % water | 4,1 % | ||||
- Breedtegraad | 42°42'N tot 45°18'N | ||||
- Lengtegraad | 70°36'W tot 72°33'W | ||||
Bevolking | 42ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 1 316 470 | ||||
- Digtheid | 54,4/km2 20ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Washington 1 917 m | ||||
- Gemiddeld | 305 m | ||||
- Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 21 Junie 1788 (9de) | ||||
Goewerneur | Chris Sununu (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Donna Soucy (D) (Senaatspresident) | ||||
Wetgewer | New Hampshire Algemene Raad | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Jeanne Shaheen (D) Maggie Hassan (D) | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Afkortings | NH US-NH | ||||
Webblad | www.nh.gov |
New Hampshire [nuːˈhæmpʃər] is 'n deelstaat in die Nieu-Engeland-streek van die Verenigde State van Amerika en vernoem na die Suid-Engelse graafskap Hampshire.
New Hampshire was die eerste soewereine staat op die Amerikaanse vasteland toe dit in Januarie 1776 sy onafhanklikheid van Groot-Brittanje verklaar het, asook een van die oorspronklike Dertien Kolonies wat met die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring ses maande later die Verenigde State van Amerika gestig het. New Hampshire was die negende deelstaat wat die Amerikaanse Grondwet bekragtig het en ook die eerste wat sy eie grondwet afgekondig het.
New Hampshire is tans die enigste Amerikaanse deelstaat wat nóg 'n algemene verkoopbelasting (general sales tax, GST) nóg 'n persoonlike inkomstebelsting hef. In politieke opsig staan New Hampshire bekend vir sy voorverkiesing, die eerste in 'n reeks wat in die aanloop tot die vierjaarlikse Amerikaanse presidentsverkiesing in November gehou word.
Die staat se amptelike leuse, Live Free or Die, verskyn ook op die nommerplate van New Hampshire, terwyl sy bynaam The Granite State sowel na sy steengroewe asook sy tradisie van selfgenoegsaamheid verwys.
Die staat grens aan Maine en die Atlantiese Oseaan in die ooste, Vermont in die weste en Massachusetts in die suide. In die noorde is Kanada.